Biokinetika hoort in openbare gesondheid

Biokinetici as ‘n beroep verstaan die kliniese waarde – veral binne chroniese siektebestuur – van wetenskaplik-gebaseerde fisieke aktiwiteits-programme. Die afwesigheid van ‘n nasionale databasis binne Namibië, is die primêre rede waarom biokinetici nie wetenskaplike bewyse kan verskaf om die kliniese behoefte aan die gesondheidsministerie van Namibië te toon om biokinetika binne die openbare gesondheidsektor in te sluit nie. Johann Els, uitvoerende direkteur van Medicise South Africa Inc gesels met Kosmos 94.1 Nuus.