Cobain se blou Mustang Fender word verkoop

Die ikoniese blou kitaar wat Kurt Cobain in Nirvana se eerste Smells Like Teen Spirit-musiekvideo gespeelk het, sal na verwagting tot 800 000 Amerikaanse dollar haal wanneer dit volgende maand opgeveil word. Julien’s Auctions in New York, wat die veiling hanteer sê die 1969 blou Mustang Fender-kitaar is een van die bekendstes in rock en roll-musiek. Die Cobain-kitaar is die belangrikste item in die veilinghuis se Music Icons-veiling, wat van 20 tot 22 Mei in New York en aanlyn plaasvind.