Biden beraadslaag met Frankryk, Duitsland, Brittanje oor konflik

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sal na verwagting vandag ‘n video-telekonferensie hou met die leiers van Frankryk, Duitsland en Brittanje om die jongste verwikkelinge in Rusland en Oekraïne te bespreek. Rusland se hoofonderhandelaar in die samesprekings tussen Moskou en Kiëf beskuldig Oekraïne daarvan dat hy humanitêre deurgange ontoeganklik maak vir burgerlikes wat van naderende Russiese magte wil ontsnap en noem dit ‘n oorlogsmisdaad. Hy voeg by die jongste ronde samesprekings tussen die strydende lande, wat op die grens tussen Pole en Belarus plaasvind, is gefokus op die deurgange.