ANC se verkiesingskonferensie in Mpumalanga uitgestel

Die ANC se verkiesingskonferensie in Mpumalanga wat vir die naweek beplan is, is uitgestel weens geskille in die provinsie. ANC-president Cyril Ramaphosa het die provinsie vandag besoek om te verseker daar is ‘n gladde oorgang van leierskap. Die party se nasionale werkskomitee het verlede week die provinsiale leierskapstruktuur ontbind, insluitend die provinsiale uitvoerende komitee. ‘n Provinsiale taakspan is aangestel. ‘n Woorvoerder van die ANC-jeugliga, Zwelo Masilela, sê hy hoop die party sal die uitdagings wat hom in die provinsie in die gesig staar, oorleef.