Namibiese damme is tans gesamentlik 84,4% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 84,4 persent vol. Die Naudtedam is die enigste dam wat invloei van 1,762 miljoen kubieke meter gehad het, en is tans 102,9 persent vol. Ook in die Suide is die Neckartaldam 99,8 persent vol en die Hardapdam staan op 72,2 persent vol. In die sentrale streek is die Swakoppoortdam 96,9 persent vol en die Von Bachdam slegs 53 persent teenoor verlede jaar se 84 persent die ooreenstemmende tydperk.