Beleggingsbevordering-ontwikkelingsraad kry stewige begroting

Die ontwikkelingsbegroting is in die Nasionale Vergadering deur die minister in die presidensie, Christine //Hoebes, voorgelees. Dit sluit in die begroting wat aan die Nasionale Beleggingsbevordering-ontwikkelingsraad, toegeken is. Die raad is besig met sy eerste vyfjaar-strategie, wat op 1 April verlede jaar begin het en op 31 Maart 2028 eindig. Met sy stigting het die raad ‘n aanvanklike tweejaar-strategie ontwikkel om die onsekerhede wat die nuwe organisasie in die gesig gestaar het, te weerspieël. // Hoebes sê die raad se begroting is net oor 125 miljoen Namibiese dollar.