Onveranderde rentekoerse beteken eiendomsmark bly gematig

Die Eiendomsektor-strateeg van FNB, John Loos, sê die Reserwebank se besluit om rentekoerse onveranderd te laat beteken waarskynlik eiedomsmark-aktiwiteit bly gematig en pryse korrigeer op die oomblik. Die voortgesette sywaartse beweging in rentekoerse sal na verwagting eiendomswaardes steeds laat met baie lae enkelsyfer-groei, wat nie tred hou met inflasie nie. Loos sê as die bestaande mark ten beste sywaarts beweeg, sal die mark vir nuwe ontwikkelings waarskynlik steeds onder druk bly.