Belaglik om Mdluli op parool vry te laat

ActionSA sê die besluit om die oudhoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, op parool vry te laat, is doodgewoon onsinnig. Die Departement van Korrektiewe Dienste sê Mdluli, wat in 2020 gevonnis is tot vyf jaar tronkstraf vir ontvoering, aanranding en intimidasie het vir parool in aanmerking gekom nadat ‘n derde van sy vonnis verstryk het. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê ‘n mens kan slegs aanvaar die besluit is volgens politieke eerder as regsoorwegings geneem: