Bob Dylan se Blowin’ in the Wind sal miljoene behaal in veiling môre

ʼn Nuwe opname van Bob Dylan se klassieke treffer, Blowin’ in the Wind, vervaardig deur T  Bone Burnett, sal na verwagting 16,54 miljoen Namibiese dollar haal wanneer dit môre opgeveil word. In die nuwe opname sing Dylan die liedjie, bykans 60-jaar na die oorspronklike vrystelling, met Burnett op die kitaar, en dit is die enigste kopie van die opname. Volgens Burnett word dit so gedoen ter wille van die geskiedenis en hy het reeds verskeie ander liedjies saam met Dylan opgeneem wat in dieselfde formaat vrygestel sal word.