Windhoek Skou gaan groter en beter wees

Vanjaar kan Namibiërs uitsien na ‘n groter en beter Windhoek Skou, sê die uitvoerende hoof van die Windhoekse Skouvereniging, Harald Schmidt. Die skou vind vanjaar vanaf 23 September tot 2 Oktober plaas. Verlede jaar het die Windhoek Skou nie veel vermaak aangebied nie en die aantal mense is beperk weens die Covid-beperkings. Schmidt sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat vanjaar by die skou te wagte kan wees.