Bek- en klouseer se inentings is op

Die direktoraat van veeartsenydienste in die landbouministerie het die beperking op die beweging van diere met gesplete hoewe, en hul produkte, gedeeltelik in die Zambezi-streek gelig. Die beperking is ingestel nadat ‘n nuwe vorm van bek- en klouseer, serotipe-0, op 9 Augustus vanjaar in die streek bevestig is. Dr. Albertina Shilongo, hoof van die direktoraat, sê 80 persent van die bees in die streek is reeds ingeënt maar dit is eers gestaak omdat voorraad op is.+