Dis ‘n pandemie van oningeënte mense, sê Biden

Die VSA het Maandagaand, Amerikaanse tyd, ‘n rekordgetal van meer as een-miljoen nuwe Covid-19-gevalle aangemeld. Dit is die meeste ooit op ‘n enkele dag in ‘n land sedert die pandemie vroeg verlede jaar begin het. Die jongste syfer deur die Johns Hopkins Universiteit is byna dubbel die vorige hoogste daaglikse besmettingsyfer. President Joe Biden het weer ‘n beroep op Amerikaners gedoen om hulle te laat inent teen Covid.