Australië ly ook onder beurtkrag

Die Australiese regering het gewaarsku dat kragonderbrekings in die oostelike dele van die land kan voorkom terwyl die kragnetwerk onder druk verkeer om aan die aanvraag te voldoen. Chris Bowen, die minister van energie, het vandag huishoudings in die staat Nieu-Suid-Wallis versoek om soveel moontlik krag te bespaar, sonder om noodsaaklikhede soos hitte prys te gee. Volgens hom is die grootste probleem van Australië se kragkrisis die onbeplande onderbrekings wat in die verouderde steenkoolkragstasies voorkom.