Hoe sou Namibiese opposisiepartye jeugsake hanteer?

Vandag word die Dag van die Afrika-kind gevier. Die tema vir die Dag van die Afrika-kind 2022 is “Eliminating Harmful Practices Affecting Children: Progress on Policy and Practice since 2013”. Die Afrika-komitee van kundiges oor die regte en welsyn van die kind, het hierdie tema gekies vir die herdenking van die Dag van die Afrika-kind in 2022. Kosmos 94.1 Nuus het met verskeie Namibiese politieke opposisiepartye gesels om uit te vind of genoeg vir die jeug gedoen word en of hul partye jeugsake anders sou hanteer.