Aussie Ope: Djokovic kan nie speel nie

Volgens berigte het Novak Djokovic geen opsie om te appelleer teen die federale hof in Melbourne wat sy aansoek om in Australië te kan bly, ‘n uur gelede van die hand gewys het. Die Australiese hoofregter James Allsop het sy aansoek, wat gepoog het om die onttrekking van sy visum deur die minister van binnelandse sake Alex Hawke ter syde te stel, uitgegooi, met kostes. Djokovic wou ‘n rekord opstel om 21 Grand Slam-titels in te palm by die Ope wat môre begin. Serwiese media het die beslissing as ‘n skande beskryf. Dit is nie bekend of die gebruiklike drie-jaar verbod tot toegang na die land ook op hom toegepas sal word nie. Australië het baie streng toegangsvoorwaardes, waaronder inenting amper verpligtend is.