Oostenrykers weier verpligte inenting

Duisende betogers het die strate van Wene in Oostenryk ingevaar om protes aan te teken teen die regering se planne om van volgende maand Covid-19-inentings verpligtend te maak. Die Oostenrykse parlement gaan dié week oor die saak stem, wat die land gepolariseer het terwyl die aantal koronavirusgevalle styg. Die regering het in November ‘n vierde landwye inperking aangekondig en gesê hy gaan inenting verpligtend vir alle Oostenrykers maak, die eerste land van die Europese Unie wat dit wil doen.