Chinese kry boutender vir Keetmans-sentrum

‘n Chinese boumaatskappy het die kontrak ontvang vir die konstruksie van die nuwe Keetmanshoop Beroepsopleidingsentrum. Die goewerneur van die Karas-streek Aletha Frederick het die perseel formeel aan die Shanxi-groep oorhandig. Die projek van 110 miljoen Namibiese dollar is befonds deur ‘n lening van die Afrika Ontwikkelingsbank. Grondverskuiwingswerk is reeds in Desember 2018 voltooi. Die Karas-streek het die aanbieding van tersiêre opleiding verbeter met kampusse van Unam en Nust, sowel as die Nasionale Instituut vir Bestuurstegnologie wat in die streek gevestig is. Die sentrum sal vier werkswinkels hê sowel as twee klaskamers en studente-akkommodasie. Bouwerk sal ongeveer 18 maande duur.