As Nandi-Ndaitwah sukses in Ysland het, is dit hupstoot vir presidensie

Daar is menings dat die adjunk-premier, Netumbo Nandi-Ndaitwah sukses moet hê in Ysland met die uitlewering van drie uitvoerende hoofde van die Samherji-vismaatskappy wat met die Fishrot-skandaal verbind word. Dit sal, volgens dié menings, haar veldtog vir Swapo-president, en moontlik, Namibiese president, ‘n hupstoot gee. Nandi-Ndaitwah is tans in Ysland om die Fishrot aangeleentheid te bespreek. Die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, stem saam.

Nandi-Ndaitwah het groot uitdagings omdat dit Ysland se beleid is om nie sy landsburgers uit te lewer nie.