Alle oë is op ANC-president Cyril Ramaphosa vanmiddag

Alle oë is op ANC-president Cyril Ramaphosa wat die party se 8-Januarie-toespraak om 13:00 lewer. Die ANC se een-honderd-en-tiende herdenkingsvieringe het verskeie probleme op die lyf geloop, met Ramaphosa wat inderhaas die Vroueliga se saamtrek moes verlaat weens die nie-nakoming van Covid-19-regulasies. Sy toespraak by die Jeugliga is ontwrig deur oproerige lede en gisteraand is sy toespraak by die galadinee, wat vooraanstaande sakeleiers duisende rand gekos het om by te woon, kortgeknip weens ‘n kragonderbreking. Ramaphosa se toespraak vind plaas teen die agtergrond van ernstige kommer oor aanvalle op sleutel-staatsinstellings. Die brandskade aan die Parlement sal tot soveel as ‘n miljard rand kos om te herstel en het die verskuiwing van die president se Staatsrede op 10 Februarie na die Kaapstadse Stadsaal genoodsaak. Vensters en deure by die Konstitusionele Hof wat deur ‘n aanvaller met ‘n hamer aangerig is, is ook nog nie herstel nie.