Apple se kanse goed om lokettreffer-Formule 1-film te vervaardig

Die Amerikaanse tegnologie-reus Apple loop klaarblyklik voor in die wedloop om ‘n lokettreffer-Formule 1-film te vervaardig. Die tweemalige Academy-toekenning wenner, Brad Pitt, sal daarin verskyn. Belangstelling in Formule 1 het drasties toegeneem in die afgelope jare, hoofsaaklik te danke aan die sukses van die Netflix-reeks, Drive to Survive, wat nuwe aanhangers uit Amerika gelok het. TEAMtalk Media berig, hoewel daar reeds bevestig is dat Pitt die hoofrol sal vertolk in die projek wat nog nie ‘n naam het nie, is die sewe-malige F1-kampioen, Lewis Hamilton, ook ter sprake vir ‘n rol in die film.