Air Namibia se skuld spook by TransNamib

Die skuld van die bankrot Air Namibië spook nou by TransNamib. Volgens berigte het die maatskappy net 15 dae om 161 miljoen Namibiese dollar te betaal aan die Suid-Afrikaanse maatskappy ChallengeAir, of hy word gelikwideer. ChallengeAir se prokureur, Sisa Namandje het die betaling by TransNamib geëis. Die totale skuld van amper 10 miljoen euro is na ‘n arbitrasie-sessie deur die streekshof in München, Duitsland in 2018 toegestaan. Volgens berigte sê Namandje daar is ‘n gedeeltelike betaling deur Air Namibia gemaak en dat TransNamib ingelig is oor die skikking en die plig om die skuld te betaal. Die skikking spruit uit ‘n mislukte huurkontrak van ‘n Boeing 767.