NamPower vra vir amper 13% verhoging

Plaaslike media berig dat die Namibiese Landbou-unie beswaar sal maak teen die aansoek deur NamPower vir ‘n amper-13 persent verhoging in kragtariewe. Volgens die unie, het die kragvoorsiener sy voorlegging aan die Elektrisiteitsbeheerraad reeds op 11 Maart gedoen en die raad het tot 30 April om die voorstelle en insette te oorweeg. Die unie sê die 12,8 persent wat NamPower vra is dubbel die huidige inflasiesyfer en sê boere, wat reeds baie groot uitdagings het met stygende insetkoste, kan nie verdere prysstygings bekostig nie, veral omdat landbou tans in ‘n herstelfase is. Die nuwe kragtarief sal op 1 Julie in werking tree, na die beheerraad sy beslissing gemaak het.