Kommer oor landerye, oeste in Oshana

Die Oshana-streek het reënbuie gehad, maar nie in al die gebiede nie. Die goewerneur van die streek, Elia Irimari, het gesê hulle waardeer die bietjie reën wat hulle gehad het, maar dit is nie genoeg nie. Hy het gesê hulle monitor ook hul gewasse wat hulle laat geplant het weens die reën wat laat gekom het. Irimari gesels met Kosmos 94.1 Nuus.