Agra breek deur netto wins van N$100 miljoen

Agra het sy finansiële prestasie vir die 2021/2022-boekjaar bekend gemaak. Die maatskappy het vir die heel eerste keer ‘n netto wins voor belasting van meer as 100 miljoen Namibiese dollar aangeteken. Agra se uitvoerende hoof Arnold Klein sê hy is trots op Agra se finansiële prestasie aangesien hulle ‘n groei van 10,4 persent in inkomste vir die groep aangeteken het, met ‘n omset van 1,997 miljard dollar vir die vorige finansiële jaar. Woordvoerder van Agra, Piet Stoman, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.