Mantashe weer in hof oor Shell se seismiese opnames


Die hooggeregshof in Gqeberha, Oos-Kaap, het vandag betoё aangehoor in die aansoek om verlof tot appèl deur die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe. Hy wil die besluit laat omkeer wat die petroleum-reus, Shell, verbied om seismiese opnames vir olie en gas aan die Wildekus te doen. Omgewingskundiges voer aan Mantashe het nie die gemeenskap oor die opname geraadpleeg nie. Die hooggeregshof in Makhanda het in September ʼn besluit om Shell toestemming te gee om die opname te doen, tersyde gestel vir hersiening.