Action SA waarsku Jhb-speaker teen magsmisbruik

ActionSA sê die speaker van die Stad Johannesburgse raad, Margaret Arnolds, se aanstelling van Pule Seleka as voorsitter van die Spesiale en Onafhanklike Ondersoekkomitee, het ten doel om korrupte amptenare te beskerm. Volgens die party beskou die ANC en EFF se “koalisie van ondergang” die Groep Forensiese en Ondersoekdienste as ‘n bedreiging. Nobuhle Mthembu van ActionSA doen ‘n beroep op Arnolds om hom van magsmisbruik te weerhou en die eenheid toe te laat om sy werk ongehinderd voort te sit: