Agribank bied bestuurslesing aan

Agribank poog reeds ‘n geruime tyd om boere in die land te bemagtig en bied gereeld gratis kursusse en seminare aan om boere op te lei en meer veerkragtig te maak. Die bank sal môreaand by die Jan Mohr Hoërskool ‘n lesing aanbied oor hoe om vee en veegetalle tydens die droogte te bestuur. Toegang is gratis en net 120 mense kan akkommodeer word. Dit begin om half-ses môre namiddag.