Spanjaarde wil toeris-getalle beperk

Anti-toerismebewegings neem toe in Spanje, die land in die wêreld wat die tweede-meeste besoek word. Hulle moedig owerhede aan om die belange van inwoners met die winsgewende toerisme sektor, te balanseer. Anti-toerismebewegings op die eilandgroep beplan ‘n reeks betogings vir Saterdag onder die slagspreuk “The Canaries have a limit”. Die Kanarie-eilande is bekend vir sy vulkaniese landskappe en voortdurende sonskyn, en lok miljoene besoekers uit alle dele van die wêreld. Hulle wil ‘n einde sien aan die bou van twee nuwe hotelle op Tenerife, die grootste en mees ontwikkelde van die sewe eilande.