Nida se projekte val uitmekaar… Nida val uitmekaar

Verskeie projekte deur die Namibië Nywerheidsontwikkelingsagentskap, Nida, is vervalle en halfpad laat vaar weens begrotingsbesnoeiings of omslagtige prosesse om toegang tot fondse te verkry. Terselfdertyd is water en elektrisiteit by Nida se gemeenskapsmarkte en nywerheidsparke afgesny weens nie-betaling van elektrisiteitsrekeninge. Die betrokke parlementêre staande komitee het die bevindinge in ‘n verslag bekend gemaak en sê die toerusting wat bedoel is vir die Biomassa-projek aan die buitewyke van Otjiwarongo, is in verseëlde skeepsvraghouers sedert die begin van die pandemie. In die Oshana-streek is die Ondangwa Looiery-projek die afgelope 11 jaar nie in werking nie maar velle staan steeds in dromme. Naute se skema loop ook deur met betalingsuitdagings.