Aanhoudingselle moet nou weekliks deursoek word, smokkelary neem toe

Die Namibiese polisie sal weekliks die selle by polisie-aanhoudingselle regoor die land deursoek om die smokkelary van verbode items, wat aan die toeneem is, hok te slaan. Die mag se hoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, sê die stap is genoodsaak deur die toename in verbode items wat in die aanhoudingselle gevind word, en vandaar die behoefte dat sekuriteitsmeganismes ingestel moet word. Hy het polisiebeamptes wat betrokke is gewaarsku en gesê wanneer skuldiges aangekeer word, daar streng teen hulle opgetree sal word.