Ondersoek gelas na Walus in gevangenis gesteek is

Suid-Afrika se Korrektiewe Diens het ‘n ondersoek van stapel gestuur na Chris Hani se moordenaar Janusz Waluś by die Kgosi Mampuru Korrektiewe Fasiliteit in Tshwane met ‘n mes gesteek is, kort voor sy vrylating môre op parool wat Suid-Afrikaners verdeel het. Die Departement van Korrektiewe Dienste sê hy is na bewering deur ‘n ander gevangene van dieselfde wooneenheid aangeval. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê Waluś is in ‘n bestendige toestand. Hy voeg by dat die insident onaanvaarbaar is en alles gedoen sal word om die betrokkenes verantwoordelik te hou.