Sophia gee opdrag dat stemme vir sentrale komitee vandag oorgetel word

Die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shangingwa, het opdrag aan die party se kiesbeamptes gegee om van vanoggend nege-uur al die stemme vir sy sentrale komitee weer tel. Daar is volgens berigte kommer oor die uitslae. Talle bekende en hooggeplaaste partylede, onder andere die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, het dit nie gehaal nie. Nog prominente persoonlikhede soos Erkki Nghimtina, Evelyn Nawases-Taeyele en Kornelia Shilunga het ook geen sukses gehad nie. Maar, daar is berigte dat die beamptes nie ingevolge Swapo se Grondwet, die reg het om stemme oor te tel nie. Die sentrale komitee is die hoogste besluitnemende liggaam van die party.