Toerisme-ondernemings in Khayalitschia tref voorsorg teen beurtkrag

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê dit is bemoedigend om te sien hoe Siki’s Koffee én die Spade Boutique Hotel en Spa in Khayelitsha, albei die nodige voorsorg getref het om die uitwerking van beurtkrag te beperk. Winde het die twee ondernemings besoek wat voorberei vir ‘n klaarblyklik-goeie toerisme-seisoen. Winde sê terwyl dit selfs in goeie tye moeilik kan wees om ‘n besigheid suksesvol te bedryf, het albei ondernemings nou kragopwekkers.