IVP vra oplossing vir kragkrisis ná fase 6-beurtrkag SA weer tref

Suid-Afrikaners is weer getref deur fase 6-beurtkrag. Eskom sê agt opwekkingseenhede het onklaar geraak. Die IVP het die regering aangeraai om onafhanklike kragvervaardigers te gebruik terwyl hy soek na ‘n langtermyn-oplossing vir beurtkrag. Die party doen ‘n beroep op die regering om aandag te gee aan kwessies wat onafhanklike vervaardigers se vermoë kan belemmer om die bestaande kragnetwerk aan te vul en korttermyn-verligting te bied. Mkhuleko Hlengwa van die IVP sê hy hoop ook dat die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, se bedanking die eerste van vele veranderinge by die kragvoorsiener is. Die party het aangesluit by oproepe dat gekwalifiseerde leierskap aangestel moet word om die land se kragkrisis die hoof te bied.