NTB wil aanlyn besprekingswebwerwe

Die Namibiese Toerismeraad, die NTB, wil hê aanlyn besprekings-webwerwe soos Airbnb en Booking.com moet geblokkeer word, omdat hulle ongereguleerd en onbelas is. Digu //Naobeb, uitvoerende hoof van die NTB, sê die direksie het probeer om met hierdie webtuistes in aanraking te kom, maar dit was tevergeefs. Hy voeg by die webtuistes maak geld, terwyl Namibië belastinggeld verloor. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, Tasa, gee haar mening aan Kosmos 94.1 Nuus.