Hof stel Walvis se kansellasie van RedForce tersyde

Die Windhoek hoërhof het vanoggend die besluit van die Walvisbaai-munisipaliteit om sy kontrak met RedForce te beëindig, tersyde gestel. RedForce het die dringende aansoek gebring en aangevoer dat daar geen gronde was om die kontrak te beëindig nie. Inwoners van die hawedorp het teen die maatskappy betoog en toe het die dorpsraad gestem dat die kontrak beëindig word.