Israel moet sy vlootblokkade op Gaza staak

Die ANC-regering doen ‘n beroep op Israel om die Freedom Flotilla toe te laat om humanitêre hulp aan Gaza te lewer en wys op Israel se verpligtinge as die besettingsmag. Hierdie oproep volg nadat die Internasionale Geregshof Israel beveel het om dringende hulpverlening aan Gaza moontlik te maak, in die lig van die haglike omstandighede soos ‘n dreigende hongersnood in die gebied. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die regering veroordeel Israel se vlootblokkade van Gaza en bestempel dit as ‘n skending van internasionale reg en belemmering van noodsaaklike hulpverlening: