Winter behoort nie so koud te wees nie, reën kom dalk vroeg

As voorspellings hou hoef jy nie al jou warm komberse uit te pak vir die winter nie. Kenners voorspel ‘n warm winter vir ‘n groot deel van Suid-Afrika, weens die voortslepende El Niño-klimaatspatroon. Namibië sal ook nie erge koue ervaar nie en die weerkenner Johan van den Berg het ook uitstekende nuus oor vroeë somerreën.