Angelique se BMW op Rundu gevind, Wenzel vermis

Die polisie in die Kavango Oos-streek het bevestig dat Angelique Delia Maasdorp se BMW in Rundu gevind is. Adjunkkommissaris Bonifatius Kanyetu sê die voertuig is leeg gevind en daar word steeds na Wenzel Maasdorp, wat blykbaar die voertuig bestuur het, gesoek. Angelique is Sondag vasgebind en dood aangetref in haar woonstel in Eros in die hoofstad. Haar BMW, televisie, skootrekenaar en selfoon is as vermis aangegee.