Namcor se 10% in PEL82 nie goeie nuus nie – kenner

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat Namcor ‘n ontginningsooreenkoms met Chevron Namibia Exploration, ‘n filiaal van Chevron Global Energy onderteken het. Dit gee Chevron Namibia ‘n bedryfsbelang van 80 persent in PEL 82 in die produktiewe Walvis-bekken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Marius Kudumo, ‘n kenner van goeie regering, wat sy insigte gee.