Kwik daal skerp in Brittanje

Uiterste weerstoestande duur voort in Brittanje waar die kwik op sommige plekke oornag tot minus 15-grade Celsius gedaal het. ʼn Aantal skole is weens swaar sneeu gesluit en die owerhede het die dood van drie seuns bevestig wat in ʼn bevrore meer in Solihull, Engeland, beland het. Nog ʼn kind is in ʼn bedenklike toestand. Die Luton-lughawe by Londen is steeds oop hoewel ʼn aantal vlugte vertraag of gekanselleer is. Verskeie ander lughawens is noodgedwonge gesluit.