Koen tevrede met sy Bo-vrouespan

Ervare Springbok-vrouespelers Nomawethu Mabenge, Lusanda Dumke en Sizophila Solontsi is ingesluit in die nasionale groep vir die Rugby Afrika-vrouebeker volgende maand in Madagaskar. Kwalifikasie vir die 2025 Rugby Wêreldbeker in Engeland is op die spel. Die hoofafrigter, Louis Koen, het ‘n groep van 28 spelers aangewys om na Antananarivo te reis, waar Suid-Afrika teen Kameroen, Kenia en Madagaskar sal meeding om die titel as Kampioene van Afrika. Koen het slegs een nuweling, Sikholiwe Mdletshe, ingesluit. Hy sê hy is tevrede met die span: