Proteas op pad na Down Under vir drie kriekettoetse

Krieket: Die Proteas is op pad na Australië vir ʼn reeks van drie toetse oor die feestyd. Dean Elgar se span speel ʼn nie-amptelike wedstryd oor vier dae teen ʼn elftal van Krieket Australië wat op 9 Desember begin, gevolg deur toetse in Brisbane, Melbourne en Sydney. Die reeks is tussen die voorste twee spanne op die punteleer van die Wêreld-toetskampioenskap, en Elgar verwag goeie wedywering.