Koringproduksie is indrukwekkend vanjaar

Volgens die Namibiese Akkerbouraad sal koringproduksie vanjaar na verwagting indrukwekkend wees, omdat sommige boere verkies het om koring bo voer te plant weens goeie weiding wat vir vee beskikbaar is en verbeterde beskikbaarheid van water vir besproeiing. Daarom word verwag dat vanjaar se oes 21 persent van die totale plaaslike vraag sal voorsien in vergelyking met 13 persent vir die 2021/22-seisoen. Koringpryse het met 33,6 persent op ‘n jaargrondslag gestyg, daarom is die verwagting dat Namibiese koringboere hierdie seisoen ‘n beter prys sal kry as verlede jaar.