Stad Kaapstad hou Rommel-tot-Kuns-ekspo

Die Stad Kaapstad het ‘n nuwe Rommel-tot-Kuns-ekspo by die Burgersentrum geopen wat vanaf vandag tot aanstaande jaar Januarie duur. Dit is gekoppel aan die geleentheid waar die Feesliggies hierdie naweek aangeskakel word met kunswerk wat deur leerders in graad sewe geskep is. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir stedelike afvalbestuur, Grant Twigg, is trots op die jong mense en al hulle opofferings, en sê hulle is die leiers van môre en ambassadeurs vir ‘n skoner wêreld.