Vleis-uitvoere vertoon goed in eerste kwartaal

Namibië het amper 3 miljoen kilogram beesvleis in die eerste kwartaal van die jaar uitgevoer met 1,27 miljoen kilogram wat na die EU verskeep is. Brittanje het net meer as 799 000 kilogram ingevoer, Noorweë amper 403 000 kilogram, Suid-Afrika 381 000 kilogram en China, amper 73 000 kilogram. Amper ‘n ton, 976 kilogram beesvleis is aan die VSA uitgevoer. Net minder as 87 000 bees is in die periode bemark. Invoere van beesvleis het net meer as 217 000 kilogram beloop en dit sluit lewer en verwerkte produkte in.