Rolspelers oor Baines-hidrokragprojek vergader Maandag op Swakopmund

‘n Vergadering met rolspelers oor die omstrede Baines-hidrokragprojek word Maandag en Dinsdag op Swakopmund gehou. Die konferensie sal bygewoon word deur die verskillende spanne konsultante wat aan die projek werk soos deur die gekontrakteer deur twee regerings van Namibië en Botswana deur die Gesamentlike Tegniese Komitee vir die Kunenerivier-kom. Afgevaardigdes van staatsmaatskappye van beide Namibië en Angola, soos die Elektrisiteitsbeheerraad en  NamPower, asook die ministeries van myne en energie, landbou en finansies, sal teenwoordig wees. Die Kunene-streeksraad en die goewerneur, asook die tradisionele owerhede in die Epupa-kiesafdeling waar die hidro-projek gebou gaan word, gaan ook insette lewer. Hierdie konferensie is ‘n opvolg van twee werkswinkels wat onderskeidelik in Maart in Windhoek en in April in Luanda gehou is.