Bank werknemer steel blykbaar N$1,7m

‘n Werknemer by Standard Bank op Rundu, die 33-jarige Mario Santos, sal tot volgende jaar Januarie moet wag om sy saak in die landdroshof op die dorp voort te sit. Dit volg na hy gearresteer is op klagte van diefstal van meer as 1,7 miljoen Namibiese dollar. Volgens plaaslike berigte, beweer owerhede dat hy die fondse vanaf Augustus verlede tot nou, uit kliënte se rekenings oorgedra het na eie. Landdros Sonia Sampofu het hom borg geweier en die saak tot 23 Januarie volgende jaar uitgestel vir die polisie om sy ondersoek te voltooi.