DA vra ook vir Nomad-visum soos in Namibië

Na Namibië net onlangs die Nomad-visum plaaslik ingestel het, sê die DA in Suid-Afrika dat 49 lande reeds die digitale nomadiese visums ingestel en baie ander is gereed om dit te doen om toerisme ná Covid-19 ‘n hupstoot te gee. Die party voel Suid-Afrika moet homself as ‘n voorkeurbestemming op die vasteland vestig en ‘n nuwe visum-beleid instel om toeriste te lok en langer verblyf aan te moedig. Hannah Winkler van die DA sê om die 470 000 toerisme-werksgeleenthede terug te kry wat verlore gegaan het, moet alles moontlik gedoen word om die sektor ‘n hupstoot te gee: