Nord Stream-lekkasie is sabotasie

Europa ondersoek wat beweer word is sabotasie van die Nord Stream-1 en –2 pyplyne wat vanaf Rusland onder die Baltiese-see na Duitsland loop. Pyplyn-1 het twee lekkasies en pyplyn-2, een. Die stelsel lewer gas aan Duitsland maar, die tweede pyplyn is nog nie in werking nie en die eerste een het Rusland onlangs gesluit. Die lekkasie uit die eerste pyplyn borrel op die see oppervlak oor ‘n gebied van meer as ‘n vierkante kilometer. Denemarke en Swede sê dat seismiese opnames ontploffings opgetel het en Rusland word daarvoor blameer. Daar is sommige kommentators wat glo dat Rusland probeer bewys hy het die hef in die hand met energie en wil paniek saai voor die Europese winter. Swede en Denemarke se premiers sê die lekkasies is duidelik deur doelbewuste optrede veroorsaak.